Showing all 3 results

Show sidebar

Die Bybel 2020-vertaling

DESCRIPTION

DIE BYBEL 2020-VERTALING: HOOFLETTERUITGAWE
Hierdie bronteksgeoriënteerde direkte vertaling streef daarna om só te vertaal asof die Bybelskrywers in hulle eie woorde van duisende jare gelede self aan die woord gestel word in vloeiende, idiomatiese Afrikaans. Geskik vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik.
Omdat die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) die toepassing van die Ou Testamentiese tekste in die Nuwe Testament op Jesus as die Christus aanvaar, is daar besluit om in sodanige tekste met behulp van voetnote in die Ou en Nuwe Testament oor en weer deur middel van kruisverwysings hierna te verwys.
Na aanleiding van gesprekke tussen die BSA en ’n aantal kerke asook ’n besluit van die Kerklike Advieskomitee: Die Bybel in Afrikaans, het die BSA die betrokke kerke genooi om verteenwoordigers te benoem vir ’n werkkomitee om hom hieroor te adviseer. Die komitee se advies was dat hoofletters in Ou Testamentiese tekste wat in die 1933/1953-vertaling met hoofletters geskryf is, so behou word, asook Ou Testamentiese tekste wat deur skrywers in die Nuwe Testament op Jesus as die Christus van toepassing gemaak word. Die BSA het hierdie advies aanvaar, en die vertaling kom verder in alle opsigte ooreen met die ander uitgawes.
Die Werkkomitee het bestaan uit verteenwoordigers van die Afrikaanse Baptiste Kerk, die Afrikaanse Protestantse Kerk, die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika, die Pinkster Protestantse Kerk, die Volle Evangelie Kerk van God in Suidelike Afrika, met as waarnemers die Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

www.bybelgenootskap.co.za

 

theWord Features:

  • Headings
  • Verse popups
  • Cross References
  • Fully searchable text
  • Footnote(s)
  • Easy navigation of topics via Bible tree or Verse Reference Entry
  • Special Text Colors
    • Normal: Text
    • Links: Gen 1:1

Die Bybel in Afrikaans 1983

Die vertaling van die Bybel in Afrikaans wat hiermee aangebied word, is die vrug van vertaalwerk wat in 1970 begin is. Die doel was ’n vertaling wat rekening hou met die ontwikkeling in Afrikaans die afgelope jare en met die resultate van wetenskaplike ondersoek; ’n waardige vertaling waardeur Afrikaanssprekendes aangespreek word, buite en binne die kerk, in die erediens en in huislike gebruik, in ons teenwoordige situasie en tyd.

As grondteks vir die Ou Testament is die Biblia Hebraica Stuttgartensia (1977) gebruik. Hierdie uitgawe van die Hebreeuse, en gedeeltelik Aramese, grondteks is gebaseer op die oudste volledig behoue manuskrip, dieCodex Leningradensis(1008 n.C.). Gegewens uit ouer manuskripte is in die teksuitgawe bygewerk.

Vir die Nuwe Testament is gebruik gemaak van die Griekse grondteks soos gepubliseer deur die Wereldbond van Bybelgenootskappe onder die titel: The Greek New Testament , derde uitgawe (1975).

Die nuwe vertaling word aangebied met die bede dat dit mag dien om die Woord van God in te dra in die hart en lewe van almal wat Afrikaans praat.

Die Bybel in Afrikaans 1933/1953

Hierdie is die volledige Bybel in Afrikaans. Die vertaal-projek is deur die Afrikaanse kerke begin in 1926 en die voltooide Bybel is feestelik deur die kerke ontvang op Sondag 27 Augustus 1933 dwarsoor die land. Gedurende die periode 1933-1953 het die vertalers die teks hersien in die lig van kommentaar wat ontvang is op die 1933 teks. Teen die tyd dat die voltooide hersiening beskikbaar geword het, het nog net een van die vertalers gelewe. Hierdie vertaling het voortreflike hoedanighede gehad en was van besonder groot betekenis vir die vestiging van die Afrikaanse taal.